DESIGNERSMILE
DESIGNERSMILE
swaar soos ‘n klip
lê my hart in my bors
my stiff upperlip
‘n ondeurdringbare kors
ek gee my designersmile
vir almal wat vra
terwyl ek all the while
die pyn sleepdra
wat bloeddrupseer
deur my lewe sweer
my designersmile is vir jou
wat wil weet
hoe ek my Golgota
uitkom sonder sweet
sonder sweet?
wat de hel sal jy
van my Golgota weet?
dit is my designersmile
wat die wêreld oortuig
dat ek nooit die knie
voor seerkry buig
dat ek teen my Golgota
uitdraf sonder sweet
wat de hel
sal jy van my
G
O
L
G
O
T
A
Weet?
Lorraine Smit ©
2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.