horison
horison
op die horison
lê die pad
wat ek moet vat
in die verte lyk die dubbelstreep
ñ een-geel
in geheel
waar ek staan
is dit dan
ñ geel-verdeel
watter kant toe nou
regs of links?
n keuse gou?
“Left …where nothing is right”
of is dit..?
“Right…where nothing is left”
Met elke voet se greep
tussen
die
dubbelstreep.
Tia©️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.