Jongste aktiwiteit:

wys


tussen fynbos en duine
verdwaal my siel soms baie erg
verstaan ek nie altyd waarheen
my lewenspad my neem nie

tussen droë sand en blomme
verwaaide gedagtes van weleer
verval ek soms in die verlede
en oordeel ek opnuut

tussen wysheid en verdwaas wees
lê daar ‘n ewigheid van onvergenoegdheid
om die pad te herken wat na Hom lei
dit is die fynbos van my lewe

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed