Die reëngodin
Die reëngodin gooi haar spierwit mantel om haar lyf
Sy gaan staan op die hoogste berg, en wag vir die reën
Sy voel hoe die ekstase in haar opbruis,
toe die eerste druppels skaam-skaam met ‘n soen oor haar lippe streel
Soos hemel’sagte trane rol dit teen haar wange af
Sy gee haarself oor aan ‘n skaterlag
Die druppels giggel-speel, saam die wind deur haar hare
Ritmies-wiegend in die hemel se trane
Sterre sprinkel silwer stof, wat sy sag in haar hande toevou
Op ‘n strepieswolk dans sy, laggend in die lug
Met ‘n reënwals gly sy romanties saam met die reënboog, deur waterstrate in die drywende heelal, haar woning haar huis
2 Kommentare
-
Koos Elsum
Dis vir my interessant dat die gedig die reëngodin as afgesonderd vd reën uitbeeld, vir my was die twee een. Dankie vir nuwe perspektief
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek