
Hemel soene
Hemel’soene ❤
‘n Vrou se wese, haar vrese, haar pyn
maak haar geloof net sterker
Sy is soos ‘n blink diamant, wat jou met wysheid sal lei
Soos sonsopkoms, die skoonheid van elke nuwe dag wat glimmend op haar wange skyn🌅
‘n Briesie met dagbreek,
so weerloos is ‘n vrou se binnekant
Soms kry sy ook seer,
sy’s ‘n skoenlapper met vlerkies broos
Die liefde in haar hart is tydloos🦋
Soos somers kom en somers gaan, het jou hande gekreukeld geraak
jou hare wit…
My siel treur oor jou, ek staar na ‘n foto
Mammie, tyd het gestop vir een sekond lank…
Ek wens ek kon jou weer vir ‘n laaste keer vashou🤗
Ek stuur vir jou hemel’soene
‘n stukkie van my siel het saam jou gegaan, na jou woning jou huis
Jou onselfsugtige liefde, sal altyd in my voortleef
‘n sonneblom vrou🌻, met jou vriendelikke woorde, en goeie eienskappe
Dit is wie jy was, ‘n vrou met goue spore
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek