Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: leë hande

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 13 Augustus 2022 Aantal woorde: 74 54 Kere gelees 3


hande vol goud
sakke vol eiendomme
geheue vol wêreldse kennis
alles mense-dinge met nul waarde
so dryf ons op die wolke van sonde
elke rots van ons geloof gekraak
en met die mag van die wêreld
uit die pad geskuif en vergeet
so leef ons in ons bravade
ook in hierdie mooi land
wat ons vaders in bloed
betaal het vir ons
met leë hande
gaan ons
Hom
tegemoet

©Teãrlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1337
Kommentaar telling: 179

Charles Ockert Skeen is ʼn afgetrede onderwyser en Afrikaanse skrywer en digter.  Hy is op 29 Oktober 1946 in Lyttelton (tans Centurion) gebore[i]. Sy ouers is Charles Ockert Skeen, wat vir veertig jaar ʼn lid was van die Suid-Afrikaanse Lugmag, en Maria Magdalena Elizabeth van den Berg. Hy het twee broers (Thomas Jakobus en Ignatius Petrus(Oorlede)) en ʼn suster (Maria Magdalena Elizabeth). Hy word groot en gaan skool in Lyttelton naby Pretoria, waar sy laerskoolopleiding by Laerskool Louis Leipoldt is en sy hoërskoolopleiding by Hoërskool Lyttelton (nou Hoërskool Centurion)[ii], waar hy in 1963 matrikuleer[iii]. Ná skool studeer hy verder aan die Normaalkollege in Pretoria, waar hy homself as onderwyser bekwaam. Sy eerste pos as onderwyser is by die laerskool op Leslie (tans Leandra) in Mpumalanga, daarvandaan na Hoër Landbouskool Merensky (Limpopo), dan een jaar by die Hoërskool Evander (Mpumalanga) waarna hy vir elf jaar gaan skool hou het by Hoërskool Frans Du Toit in Phalaborwa. Hy gee onderwys tot 1980. Hierna verlaat hy die onderwys en wy hom hoofsaaklik aan volwasse opleiding by instansies soos die Shangaan Tsonga Ontwikkelingskorporasie, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Louis Trichardt Munisipaliteit (tans Makhado). Sedert 2007 is hy verbonde aan P&L Hardeware  waar hy die Opleidingsbestuurder is en Hoof van hul  FET opleidingskollege in Shayandima[iv]. In Mei 1980 sluit hy as ʼn adjudant-offisier aan by die Soutpansberg Kommando in die Burgermag[v], waar hy eindelik bevorder word tot die rang van Kaptein. Saam met twee ander kommandolede ontwerp hy ʼn vaandel vir die kommando en dit is in 1988 amptelik oorhandig. Vir ʼn ruk boer hy ook in die Levubu distrik. Nadat hy ʼn hartomleidingsoperasie ondergaan het, tree hy in Julie 2015[vi] af in Lampiesbaai aan die Weskus, deel van die groter St. Helenabaai. Hier begin hy ernstig skryf en dig. Hy is op 20 Desember 1969[vii] getroud met Karin en hulle het twee seuns en twee dogters.  “Spore op die Savanne” is ʼn selfgepubliseerde digbundel met verse oor die diere van die subtropiese gebied van grasvelde en bome, waarin die digter sy liefde vir die natuur en kennis van die diere in verse met die leser deel. Hy verwerk self hierdie gedigte in Engels en publiseer dit as “Tracks of the Savannah”. “Gedagtes van ʼn man” is ook ʼn selfpublikasie, met kopieë wat op aanvraag gedruk sal word. Die bundel bevat gedigte oor “My land”, “Liefde”, “Die natuur”, “Geestelik” en “Sosiale gewete”. Sy gedigte is ook opgeneem in die versamelbundels “4 – Gedigte en rym” en “Die ‘Hope Project’ – Kortverhale en gedigte”, laasgenoemde ʼn versamelbundel met die verkope wat ten doel het om die lot van wit werklose mense te verbeter. Sy eerste Engelse gedigte in 2006 opgeneem is in ʼn Amerikaanse versamelbundel, “Timeless voices”, saamgestel deur The International Library of Poetry.  Hy skryf ook die boek “Soutpansberg Kommando: Eenheidsgeskiedenis vanaf die Groot Trek tot die jaar 2012”, gebaseer op sy indringende navorsing terwyl hy lid was van hierdie kommando. Van sy kortverhale is opgeneem in die versamelbundel “Die tiende provinsie”. Verder skryf hy Bybelstukkies en lirieke, terwyl hy sy skryfwerk op die Internet publiseer op webblaaie soos www.facebook.com/charles.skeen1, www.facebook.com/bababromvlieg , https://www.facebook.com/straatdigter ;  https://www.roekeloos.co.za/gedigte/gedigte-van-tearlach/  Eie Publikasies  2012               Spore op die Savanne/Ook vertaal in Engels. 2013               Soutpansberg Kommando: Eenheidsgeskiedenis vanaf die Groot Trek tot                           die jaar 2012 2018               Gedagtes van ʼn man Bronnelys: [i] Linda van der Westhuizen se artikel in Zoutnet: https://zoutnet.co.za/articles/news/19686/2013-06-20/kommando-se-geskiedenis-verewig [ii] Blogspot: http://straatdigter.blogspot.com/p/blog-page_18.html [iii] Linda van der Westhuizen se artikel in Zoutnet: https://zoutnet.co.za/articles/news/19686/2013-06-20/kommando-se-geskiedenis-verewig [iv] Linda van der Westhuizen se artikel in Zoutnet: https://zoutnet.co.za/articles/news/19686/2013-06-20/kommando-se-geskiedenis-verewig [v] Linda van der Westhuizen se artikel in Zoutnet: https://zoutnet.co.za/articles/news/19686/2013-06-20/kommando-se-geskiedenis-verewig [vi] Facebook: https://web.facebook.com/charles.skeen1?_rdc=1&_rdr [vii] Facebook: https://web.facebook.com/charles.skeen1?_rdc=1&_rdr

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 229 gaste aanlyn

Bydraes – Argief