Hier is huis
Hier is huis (Brons)
waar my bed is en my vrou
daar is huis, het jy altyd gesê
nou’s ons bed nog hier en ek
maar sonder jou
tog is dit nog huis
voel ek hier tuis
tussen ons storiegoed
tot ons weer ontmoet
by die hemeltroon
wil ek hier woon
met ons bed
en ons goed
© Elisma van Zyl
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek