Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sprookje

Deur Elisma
Datum gepubliseer: 29 Augustus 2022 Aantal woorde: 95 113 Kere gelees 2

Sprookjé (Brons)

Op die deur groet “Sprookje” my
soos jare terug by pa se huis
die reuk van kos nooi my binne
die tafel is gedek met sagte linne

ek steek ‘n kersie aan vir jou
skink ‘n wyntjie vir die kou
pa se klok tik rustig voort
plaasgeluide kom uit elke oord

die mure hang vol van onthou
kosbare oomblikke wat ontvou
elke meubelstuk vertel ‘n storie
van tye saamgeleef in volle glorie

hierdie is my huis
hier voel ek tuis
hier is ek vry
hier is waar ek wil bly

© Elisma van Zyl




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    30 Augustus 2022

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 9
Kommentaar telling: 0

Ek is 'n 60 jarige ma, ouma, beroepsvrou wat my liefde vir skryf beoefen in my vrye tyd.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 162 gaste aanlyn

Bydraes – Argief