Jongste aktiwiteit:

BY DIE DOOD

Ek sien Hom hang
geboë hoof in doringtang
uitgewerp en moeg
Sy vlees en bloed vir elke sondaar
stuk vir stuk verpand

Die skare staan verslae verpletter
verskeurde kleed vir ons verpand
tog staan die Jode verhard en strak
terwyl die voorhangsel in die tempel
aan flarde spat

Hoe sien ‘n Nasie oorwinning
as hulle Koning aan ‘n kruishout hang
en Sy moeë liggaam geen tekens van oorwinning straal
soos opgeskrywe in die boeke staan

Menige hande help opreg
hul Koning is van hul nou weg
en God se Gees word daar onthul
wat ons genadiglik ‘n keuse bring




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed