
Fasette van die Liefde
Fasette van die Liefde. 2
Die liefde het so baie fasette
want die mensdom lief so baie dinge
wat strek so wyd as die Heer se genade—
Jou beminde se oë, slanke lyf, hande,
haar hele skone voorkoms word liries
besing en die sterk manlike Adonisse se
viriliteit en krag hemelhoog geprys!
Liefde vir die lewe self en plesier, die
wonderlike verskeidenheid fauna en flora,
kultuur en die kunste, alle generes,
fynproewer drinke en ete, ja vir alles
so lief word besing en dit strek so wyd
as die Heer se genade—
Janetta – Helena [Babs] ©
(Winternag : Eugene Marais. So wyd as die Heer se genade
lê die velde in sterlig en skade)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.