Jongste aktiwiteit:

DIE JAAR SE DRUKGANG

Die jaar se drukgang
het my vanoggend kom aanjaag
tot by die lewens kraal
waar ek saam met die 12 maand saamloop troppe
wag by die yster spoorweg trokke
wat my met gekletter-klap staal wiele
tot by die slagpale van nog ‘n jaar gaan lei

Ek stamp en stoei
soek vir my ‘n voorste plekke in die yster trok
skop en stoei en luister hoe die stoomtrein fluit
en die gekletter-klap van staal wiele na die slagpale
tot my spyt…

Ek probeer terugkyk na die spoorlyn vanwaar ek kom
maar bly gehok in die jaar se drukgang
verswelg in my eie begeertes
gebroke en te skaam
om graad 1 voer kos vir die nuwe jaar te word
gebroke en te skaam…

…gly die metaal deure oop
spring ek uit en hardloop deur die staal kraalhekke
na buite toe
ek bulk en roep na niemand toe
die jaar se drukgang terugloop is vir my gesluit
en al wat oorbly
is volgende jaar se stoomtrein fluit




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed