Jongste aktiwiteit:

DIE MIDDAG

‘n Duif kir uitspattig in die Februarie wind
net soos ‘n kind wat huppel-huppel
voor sy vader in die pad baljaar

Die son kom sit warm op my skouers teen die middaguur
terwyl die kinders moeg-moeg
nader aan die oop kombuisdeur skuur

Die honde speel ‘n maltrap rondomtalie
in die vars geplante blommetuin
en sprinkane spring verskrik terug
na die skuiling van ‘n halm gras

Die goggas kruip in krulgras rond
en luister na die voëls wat soos tienerdogters
in die Wilgerbome gil

In die voorhuis word die swaar gordyne tydsaam toegetrek
terwyl die hitte soos ‘n skelm
oor die vensterraam na binne sluip

Vlieë ruk en swoeg in die flou kombuislig
teen die gomlaag op die vlieë net
wat neerhang in my ouma se kombuis…

… En dit is middag
in ouma se sandsteen huis




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

6 Kommentare

  • Amaspoke

    Jy laat my sommer verlang na ouma. Pragtige skrywe.

  • Louie

    Hi. Dankie vir die lees en hou vas aan jou verlange

  • Inkmoderator

    Pragtig nostalgies. Ek let dat jy voortdurend jou laaste strofes met 'n ellips begin en daarmee eindig. Die doel van die ellips is nie om tyd aan te dui nie, daarvoor sou jy 'n (*) kan aanwend in 'n spasie voor die genoemde strofe. Die ellips laat 'n gedagte oop in poësie en dui onderbreking aan in prosa. As die digter wil hê die leser moet self interpreteer wat sou volg sal hy/sy daarvan gebruik maak. Dit is ook nie 'n gereedskapstuk vir 'rus' in versmaak nie. Oorweeg asseblief die gebruik hiervan sorgsaam. Met die inhoud van die vers vind ek min verkeerd want dit is eerlik. 'as die middag is in Ouma se sandsteenhuis' sou dalk 'n beter opsie wees aangesien die leser reeds weet dit is middag. Die hitte, die son, die gordyne trek ens. dui alles daarop. Ek wil graag met jou gesels hieroor en oor jou ander verse. Stuur gerus 'n boodskappie. Groete.

  • Anze

    Louie jy is welkom om vir die moderator n privaat boodskap hier op ink te stuur. Die moderator het n geweldige druk skedule maar sal met graagte help binne grense van 1 bespreking per week. Onthou asb dat alle Krit slegs voorstelle is die digter/skrywer het die keuse om aan te pas al dan nie. Dit is en bly jou woorde en keuse hoe jy die krit wil aanwend aldan nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed