Jongste aktiwiteit:

Skemer diamanté

Oor Durbanville se heuwels
tapyt die rante groen met gras
en iewers in die weste bloei die son.
Die pers wolk bo-op Tafelberg
kry ‘n rusplek vir die nag –
dis die einde
van nog ‘n Kaapse lentedag.

‘n Joggie gooi die petrol in,
spreek God se seëning oor ons uit.
Die water en die seepskuim
loop oor die motorkar se ruit.

In Table View se hoofweg
geur McDonald’s deur die straat
en êrens in die ooste wyk die lig.

Die blink oog van ‘n kormorant
skakeer in aqua en marien,
die oseaan lê wyd
tot sover ‘n mens kan sien.

‘n Pikkewyn by SANCCOB*
lyk so verlore, sy’s alleen
langs ‘n visdam tussen mure
oorgegee aan sand en steen.

*

Agter groendraad-diamante
blou ‘n berg . . .
en goud die strande.

C. Shaw
20 September 2015

* Southern African Foundation for the Conservation of Coastal Birds (Cape Town, South Africa) …




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Lollie het ‘n nuwe publikasie gemaak