Jongste aktiwiteit:

tempora

 

 

gedagtes is die verfkwas van woorde

woorde wat sinne maak in gedigte en strofes

kragtige geskiedkundige woorde wat immergroen

deur eeue se geskiedenis woed in mensegemoed

woorde met net die regte mengsel en krag

wat vassteek in kulture en ideologieë

weerklinkende waarhede geskilder

op die verfesels van kunstenaars

ewig gevestig in die breinselle

van taalkundige lesers

romantici en gewone

burgers van ‘n

beskawing

wat homself

in tempera

virewig

 

© Tearlach.

(Tempera  is ‘n antieke skildertegniek waar fyn poeierpigmente gemeng word met ‘n wateroplosbare bindmiddel—tradisioneel eiergeel. Dit is ‘n vinnigdroogende, ondeurskynende medium met ‘n helder, mat afwerking wat eeue lank hou.}

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed