Jongste aktiwiteit:

Die kêrel wat harte laat roer

Die Kêrel wat Harte Laat Roer

Op sy eie leef hy vry, hou van stilte en sy boerdery.

Nooiens kom en gaan, probeer hul bes om saam met hom voor die kansel te staan.

Komplimente gee hy graag. Hy glo vrouens moet dit hoor, en mans is, wat dit betref, bietjie traag.

Daar is wel een blondekop wat hy nooit sal laat gaan.

Sy verstaan die vriendskap sonder ‘n soen, maar sy komplimente vir die ander laat haar soms ‘n bietjie groen.

Al boer hy voort, en sy kyk soms na die emmer redelik skerp, bly hul vriendskap nog altyd sterk.

Op sy kitaar speel hy vir haar ‘n serenade.

Dan kom haar vraag:

“Speel jy dit ook vir die ander?”

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed