Wanneer die Pop dans
Wanneer die Pop Dans
Die nooi van Mooifontein laat elke boertjie se hart bokspring.
Bedags boer sy met pampoene en lemoene, daar agter die draai by ou Gert met sy kalkoene.
Bedags dra sy vellies en kortbroek, hare vasgepen, maar saans sal jy haar beslis nooit herken.
Met haar hare los gekrul dra sy rokkies pof wat die manne laat brul.
Wanneer sy eers begin dans, gly sy soos ‘n kat oor die vloer.
Die boertjies staan gereed met ‘n diamant, maar gou sal sy sê:
“Broer,
kom laat ek jou eers leer boer.”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.