Jongste aktiwiteit:

Nagloed – Opdrag 4

jou michelangelo-vingers omvou die bed se styl
met jou stadige hand in rus
bo jou kop ‘n albaste arm sag gespierd en warm
‘n vag okselhare soos goue waaigras in ‘n waas

in Rome staan Apollo armloos (‘n Obeliks-glips altoos?)
‘n voël mag maar op sy klipkop mis
want alles van die gode is nou net by my –
met jou stadige hand in rus

© Charleine Collins




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed