Lepellê – Opdrag 4
luister, die stiltes het verstom
selfs lumierstrale gordyndans swygsaam
ek wag nog tot jy ontwaak
jou asem sag en rustig langs my
ek voel jou hand op my lyf (nog naak)
luister, die stiltes het verstom
jy kreun en draai my stywer in jou arms
als raak doodstil, selfs jou asem in my oor
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
* Geinspireer deur ‘n gedig van George Weideman – Oggendkoffie
4 Kommentare
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Elroux
Baie mooi gedoen Caren.
-

Loretta Szikra
Baie mooi Caren.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtig en sensories mooi Caren. Hou baie hiervan.