Silwer rand
Die ego van stiltes
praat in alle taal,
vertel van letselharte
as eensaamheid neerdaal.
Die koue van die winter,
sny in sekelseer,
klou soos gletser ys
aan ‘n harstverweer.
Die storms van die wind
dwarrel deur onthou,
breek storms los
wat in heimwee omvou.
maar
Die donder van die weer
wat bitsig blitse spoeg
onthou ‘n eensaam mens
van die silwer rand, na swoeg.
Paula Paxton©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek