Heimwee Verlange (Silwer Klas)
Heimwee verlange
Dit speel af soos ‘n film,
gisterjaar se onthou.
Geliefdes se beelde
wat in my geheue omvou.
Die vassteek van stemme
in die holtes van my siel.
Soveel liefde,
maar ook soms met verniel.
Die krane van my hart lek
met eb en vloed se trane,
oor die gemis van my mense
oor my heimwee hartsverlange.
Daar is geen terugkeer na dood
en my hart bly vul met vuur,
met heimwee sal ek onthou
en hartseer bly verduur
Paula Paxton©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek