Net Genoeg.
Soms vra ons vir dit wat ons nie nodig het.
Soms soek ons na dit nie vir almal beskore.
Soms hunker jy na dinge wat nie in God se raadsplan bestaan.
Wees waaksaam. Ons raak maklik deur eie keuses verlore.
Vir elkeen op aard is daar grense gestel.
Vir elkeen van Sy kinders het God beter in stoor…
Jy is bestem om te wen en nie om te verloor.
Vra in geloof, met smeking en danksegging vir God na dit wat werklik saak maak.
Vra na Hom vir wysheid en vrede…
Die materiële is tydelik…
Vra in geloof.
Vra vir God…
Vra net genoeg om in dankbaarheid voor Hom te leef.
Styg uit bo jou omstandighede en vlieg hoog!
Here, skenk aan U kinders net genoeg.
LGK
01.01.2024
❤️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.