Macbeth
Macbeth
Donker naggeluide
drom om die kookpot saam,
terwyl die hoonlag van die hekse
jou saamsleep en laat glo
dat jy – Macbeth –
vir Duncan sal onttroon
terwyl jy handoormond die dood
van Banque en Duncan betreur
(jou vriende wat jy gewetenloos
na Hades stuur)
loop jou uurglas leeg
die kroon is nou verlore,
die kookpot draai,
in die kekkellag ruik jy
die rooi van eie bloed
wat die aarde dorstig voed
- neologisme = handoormond = skynheilig skuldig
Amanda De Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2023 – Veldslag projek