HERE U IS MY ANKER
HERE U IS MY ANKER
Here U is my enigste anker
wanneer ek in my lewe wankel
soos ‘n boot wat teen rotse bots
is U my ewige rots
sonder U genade is ek niks
verander my lewe in ‘n blits
U vul my kompleet in my lewe
dis al waarna ek strewe
Here U droog al my trane
seën my met U grootste genade
ek het U nodig elke dag
veral deur die pik donker nag
gee my krag deur hierdie dag
in hierdie harde lewe van vandag
U gee my nuwe wilskrag
net U alleen kan dit vermag
ek wil vry wees elke slag
en weer soos altyd lekker lag
dit is waarna ek altyd smag
Here U liefde is altyd so sag
©Eleen van Deventer Vorster
01/07/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek