
HERE ONS HET U NODIG
HERE ONS HET U NODIG
Here ons het U altyd nodig
ons sondes is geweldig oorbodig
die lewe voel so kaal en vedwaal
wanneer gaan U die mensdom kom haal
Here red ons uit ons sondeskuld
dit voel kompleet of die lewe ons ietsie skuld
raak ons aan in murg en been
waar gaan ons mense nou weer heen
hierdie wêreld is net vir mekaar geleen
kan U ons asseblief help en ondersteun
uit die modder opgetel en staan weer op die been
Here daar is nêrens geen ander een
©Eleen van Deventer Vorster
30/06/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek