
BLOU
- Uit die blou van onse hemel
le vrede versteek in blou skakerings
uit die diepte van die see
le die oase wat sielsvryheid gee
oor ons gebergtes
wat in asem antwoord gee
die bos en vlaktes wat stil by sy voete le
waterstrome wat die atmosfeer gee
stil asem ophou
mediteer liggaam en siel
innerlike kalmte vrede
dis wat die stilte bied
jou liefde roep in asem blou
polsend ritmies ek is lief vir jou - @Loret Zwarts
- Bronsgradering
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.