Jongste aktiwiteit:

sluk.dans.voel

Ek het verdrink in seer
Wat eens liefde was
Ek was begrawe onder kwaad
Wat eens ‘n glimlag was
Ek was verdwaal in ‘n plek
Wat eens só bekend was
Ek het ‘n gat
Waar eens ‘n hart was

En toe sé God –
Sluk jou trots
En gee dit weer ‘n kans
Gaan dans weer
Met dit wat jou breek
En daar na gee ek vir jou
‘n nuwe, sterker hart
Wat jy in jou sak kan steek




3 Kommentare

  • Niel Cloete

    Ek is nog nie 100% tevrede met my titel nie. Enige voorstelle ?

  • Ian Raper

    Die titel "sluk" sou dalk alles doen, maar dan sou ek hom met 'n hoofetter begin. Kry gerus Pirow Bekker se proefskrif in die hande, oor die rol van die titel in die poësie. Dis nogal ouderwets om elke reël met 'n hoofletter te begin, tensy daar 'n verlangde effek is, wat hier nie die geval is nie. Die spreker moet ernstig opgeneem word, en die spreektaal moet vloei. Hoekom "daar na" twee woorde is, is onduidelik. Die gedig is goed op pad en sy rigting/gang is duidelik.

  • Inkmoderator

    Ek sien jy het reeds terugvoer gekry in Junie al oor die titel onsekerheid wat jy gehad het Niel. Miskien kan jy dit dan oorweeg en verander? Ek stem met Ian dat elke sin nie met 'n hoofletter moet begin nie want dit verstomp die vloei en is net doodeenvoudig nie meer korrek volgens taalreëls (vir poësie) nie. Maak seker dat die sagteware wat jy gebruik nie hierdie flater outomaties doen en met oorplasing dit dan so verskyn nie. Sê het 'n kappie [ALT + 136] en nie 'n akuut-aksent nie. Sulke klein dingetjies in die detail van ons werk bewys gefokusheid en trots. Jy het ongelooflike onontsluite talent, en daarom moet jy stil raak, jou tyd vat en elke woord en nuanse oorweeg. Lees jou gedig hard-op terug want wat die oog mis hoor die oor altyd. Maak dit opwindend ritmies en lustelik vir die oog en oor. Ek hou jou werk met belangstelling dop. Groete

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed