
Seewier Krater
Jou naam was verwronge
met slym seewier gevleg
duisend stukkend skulpe
daar tussenin geheg
Seemeeue het sirkelend
luidkeels apploudeer
want die skewe letters
was komieklik gegraveer
‘n Krappie het sywaarts
nuuskierig kom loer
wat die vreemde wese
nou weer in mou voer
Skeepswrak se dryfhout
vanaf diep uit die water
het korte mette gemaak
met die seewier krater
2 Kommentare
-
Inkmoderator
Die woord 'apploudeer' het ek probeer naspoor, maar kry nie in een van my bronne 'n verwysing daarna nie. Ek vermoed dit moet apploudisseer wees, wat natuurlik (met die verlenging) goed bydrae tot die ritme. Dan, die titel en waarmee u die vers eindig: seewierkrater kan gerus en baie funksioneel as een woord geskryf word. Die ritme is heerlik deur die gedig maar verloor so effe pas in die laaste sin van die derde stansa. Sien voorstel hieronder: ‘n Krappie het sywaarts nuuskierig kom loer wat die vreemde wese nou weer in die mou sou voer [die en sou ingelas bydraend tot die ritme. Ek sou graag wil sien dat elke elke strofe nie met 'n hoofletter begin nie aangesien u nie van punte gebruik maak om voorafgaandes te sluit nie. Die vers is lig en menslik. Ek het lekker daaraan gelees. Groete
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Jou eerste twee strofes is goed verwoord.