Mamma se kaggelvuur
mamma wie sit daar op jou skoot
my handjies is blou en dit kraak
buite huil die windjie se hart
hy weet ook jy is lankal dood
die takke wat krap op die dak
klink kwaad vir stoute winter
die blommetjies het net gevrek
en miere maak nes op die rak
maar binne dans die kaggelvuur
met lekkend’ geeltong alom
in die glas se boepens konkaaf
glim rooidruif se laatoes sap
onder snoesige wolkombers
vroetel verstrengelde vingers
vier oë spel ‘n smagting storie
want ek is nou ook ‘n mamma
met ‘n warm liefdesvers
5 Kommentare
-
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi gepen. Hou van die konstraste wat jy gebruik - die begin het amper soos 'n riller geklink ;-)
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Winter nostalgie projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Ai Evelyn jou digkuns raak net al beter