Solank die vure brand
In elk ritmiese klop
van ‘n goue-menshart
brand daar egte omgee
deur rooi-bloed riviere
vol suurstof geprop
Repiterend sirkel- vervoer
volg dit ledemaat kontoer
aanslae,seer van buite
word gestuit deur die siel –
se digte loodglasruite
Solank die vure brand
in ’n glashelder verstand
word geen geluk beroof
slegs eie denke en dade
sal jou flikkervlam doof
6 Kommentare
-
-
Toom
Interessant, die twee gedigte naasmekaar: Labyrint en Vure brand. Amper soos een tema uit twee gesigspunte beskou! GvT
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtig soos altyd Evelyn