TOE KOM DIE NAG
Flikker die son vir net ‘n oomblik flou
stop die onbekende stoker moeg sy werk
en nog ‘n dag word nag
Die dag se gewoel verdor tot gedagtes
waar neonligte bewend aan die lewe spring
en blaarlose takke
onbekende beelde teen ‘n witgeverfde huismuur verf
‘n Sluier van stilte en eensaamheid
rank vanuit die dieptes van die aardkor
terwyl die dag se skimme
lang-arm op die langgras langs ‘n teerpad dans
… ‘n Lig word saggies in ‘n kamer uitgedoof
terwyl ‘n oupaklok elf ure lank en tydsaam aftel
in ‘n donker huis…
…die nag is hier
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.