VIR SOMMER NET
Vir sommer net is gister en vandag
‘n refleksie op ‘n leë skinkbord
leeg en hol terwyl hy glimlag
die son met sy goud-geel voortand stopsels
en my lewe maar vir sommer net
Oomblikke vergete in die skete van herinneringe
dwaal soos lammertjies deur my gedagtes
wat malkoppie draaie dans in die vars lusern kortgras
waar hulle wegkruipertjie speel
en ‘n ma-ooi geduldig lê en wag
…dan glimlag my vrou en neem my hand
kom loop en loer hier saam met my
sê sy
daar is ‘n skuiling in my hart vir die pyn in jou
kom loop net saam tot by die klipkraal
en wil ek vra
sê sy
vir sommer net
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.