VRAGIES VRA
Mag ek gou ‘n sekonde uit jou dag se uurglas vra
en vir jou ‘n vragie vra
sommer ‘n dom sekonde vragie
wat my die hele dag al pla?
Het jy vanoggend gaan kyk
waar die dou die erdwurms
se eksodus deure modder maak
en hadidas tou staan
om die grasperk te bewerk?
Het jy al vanmiddag gaan loer
waar vanoggend se kur duiwe
pakkies klank geluide
vir vanaand gaan maak?
Het jy al ‘n kliprand uitgeklim
om bo te sit en stil oor alles uit te staar
te staar en sien hoe tornado’s
oor ‘n vlakte resies jaag?
Het jy al gekyk en regtig raakgesien
hoe die mooi om ons minder raak
verdor en weggewaai
gebêre lê in rekenaar foto albums
se ciber asdrom Rommel
… sal jy my vergewe
as ek môre bakhand sal kom aanklop
om nog ‘n sekonde uit jou dag se uurglas te kom vra?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.