Jongste aktiwiteit:

TOE KOM DIE DAG

Roer die eerste oggend stoffies
skaam in die wiegie van die oggendwind
ontkoppel pioneer sontrale
die nag se sluier ankertoue
en nog ‘n nag word dag

Roosbome sweet ronde doudruppels
op die moeë aarde neer
wat glinster en flikker soos verkeersligte
in die onsigbare lewenskring
terwyl vinke skepties neerwip langs ‘n waterpoel

…’n Lig word in ‘n kamer aangeskakel
en iewers buite op ‘n hoofpad
blaas ‘n ongeduldige bestuurder
toeter vir ‘n steekbaardbrak…

…die dag is hier




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed