Jongste aktiwiteit:

oomblikke

 

 

hoe het jy gewag daarvoor

daardie flits-oomblik van verwondering

oomblik van bewuswording

 

dit flits deur jou hart

te vinnig vir jou verstand om by te hou

ag dit is seker maar weer AI

 

in speelweer pla dit

soos immergroen musiek op jou oor

daardie oomblik erken jy

 

die gesig bly vassteek

word soos ‘n wolk se rant wat gloei

jou aandag heeltyd geboei

 

is dit die èen

oomblik waarop jy so lank al wag

daardie een kans

 

die oomblik het gekom

sal dit in ewigheid bly staan

of maar weer vergaan

 

dit is die oë wat lok

die glimlag wat jou hart vermurwe

die lewe wat uitstraal

 

hoe lank gaan jy nog wag

al was daar skerp bekkies voor jou, pik

voor die wurm verdwyn

 

al die ander voëls het neste

eiers het kleintjies geword wat vlieg

kan jy nog vir jouself bieg

 

so kom en gaan oomblikke

vir elkeen wat daarna streef om te beleef

oomblikke van vervulling

 

© Tearlach.

 

 

 

 

 




Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword