
verbrokkeling
soos seewater in skuimstrepies uitspoel
strand verdeel tussen nat en droë sand
waterdiertjies en land diertjies skei
watervoëls en landvoëls versprei
so versprei geloof mense
verbrokkel in vakuum
kompartemente
wat netso
vinnig
soos
skuim
op strand
verdwyn
wanneer Hy
weer kom
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Sjoe, aangrypende gedig. So waar. Hou van hoe jou einde se ritme inval met die boodskap.