Skets
‘n Wolklose laatmiddag in April –
‘n meisie met ‘n blou en wit T-hemp:
“LIFE IMITATES ART”
hurk en maak ‘n skoenveter vas,
draf dan verder
‘n dogtertjie met krulhare
gooi stukkies brood op die water,
sy skrik as ‘n kolgans
haar storm, ‘n bruin papiersak
trek deur die lug
‘n tiener ry verby op ‘n BMX
– Milkybar-advertensie op sy rugsak –
aan ‘n toutjie is gekleurde ballonne
al wapperend agterna
‘n gryse ou man
vou vanoggend se Beeld onder sy arm
en stap huiswaarts:
die skemerdag word
‘n houtskoolskets.
© Ernst Fernando dos Santos
4 Kommentare
-
-
Somerreën
'n gedig wat 'n prentjie skets, beskrywend voorwaar.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
"...die skemerdag word ‘n houtskoolskets..." Die mooiste beskrywing van nagword wat ek nog gelees het!!!