Jongste aktiwiteit:

sinkblou

my oë verbrand van die sout
ek snak na asem
ek wonder of jy nog omgee
ek sink in die blou oseaan

ek skree jou naam
ek sukkel om jou te hoor
jou rustelose stroomwoorde
uitgespoel by die yslande
my skreeuende mond
my verkrummelde hande
is verblou

my warm bloed gevries met leë water
jou ysblou woorde koud soos Antartika
verdrink my in die blou oseaan
dit is sinkblou

© Roeline van Schalkwyk




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed