Nouveau Riche [Pasryk]
Nouveau Riche [Pasryke]
My dae van armoede en
pootuit swoeg en sweet
bultuit met die baie sukkel se swaar
pedaaltrap en heuwelaf free wheel
om asem te skep is lankal verby
nou sweef ek veerlig die heuwel uit
met my wa-benz en kubaanse sigaar
in die mondhoek gemaklik agteroor
wyl sonbesies in versengende hitte sing
maar die air conditioner is oopgedraai en
die chauffeur laat waai die wiele sing met die
musiek vol volume in oorverdowende desibels—
Met geen bees in die kraal moet die dollarnote
se lobole maar praat sê die oudstes doodtevrede,
maar dis heel oraait vir my die lewe is nou rêrig
‘n strange strange world Master Jack—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.