Jongste aktiwiteit:

Vergifnis

Vergifnis ( Gandhi—The weak can never forgive,
forgiveness is the attribute of the strong)

Daar is geen volkome vergifnis op aarde te vinde nie
want die gif in die middelste lettergreep
bly steeds vassteek in jou gekweste gemoed
en geheue daarom lui die ou gesegde ek
vergewe maar vergeet nooit want niks kan
die gif uitwis uit jou geheue nie, slegs ons
hemelse Vader in sy goddelike volmaaktheid kan sê:
Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil,
en aan jou sondes dink Ek nie, en Sy sondelose seun
het die hoogste tol betaal betaal vir ons vryspraak—
Die mens is nie tot so ‘n volkome vergifnis instaat nie
want jy skenk vergifnis maar vergeet nooit nie—
Daar word hande geskud om die vergifnis te beseël,
maar dis dikwels blote skyn want daar bly ‘n letsel oor
wat die verhouding skaad en dis nooit weer
vlekkeloos dieselfde nie—

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed