Jongste aktiwiteit:

So is dit bepaal

In die skadu van ‘n boom staan ‘n man
en staar na die hond wat al tjankende,
woedend, na sy stert hap terwyl kinders
hom skaterend koggel en ‘n riel dans.

‘n Oordonderende geraas van toeters
en motorkarre wat heen en weer jaag
bring vreemde musiek wat weergalm,
en menige se humeure laat ontwaak.

Deur ‘n onversadigbare vuur voort gedryf
versteur droogte, en sy ewige stofstorms,
die natuur se daaglikse gang en oorlewing
word ‘n marteling vir die siel en senuwees.

Met die eentonige gesanik van ‘n ouvrou
en hartseer gekerm van ‘n sieklike baba
wat midde honger en dors moet bestaan
word geloof keer op keer bevraagteken.

Die man in die skaduwee is beswaard
oor die swaar las wat mense moet dra.
Hy het gekom om oor die mens te waak,
om hulp te bring soos die Vader bepaal.

17/09/2016 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed