sigbare geur
uit die oog uit die hart
dit wil so lyk dink hy in smart
al die ure en dae saam
was toe net in naam
oomblikke van opwinding
die reuk van haar wat nie ruik nie
nie in parfuum verdrink nie
so eg vrou, aroma uniek
daardie geur sonder taal
die rit op die trein van geeste
wat sjarme met ‘n ligte briesie
bring om elke draai en swaai
so het elke man sy eie idees
sy oog ingestel op dit wat tel
so kan ingewikkelde reuke
nie sy voorkeur vervang
of dit nou die muskus kan wees
of dalk die geur van kaneel
met die ewige roosmaryn
die natuurlike patogeen
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.