Oktober 2022 – Liriese projek
Beste INKers “As Oktober in violet bloei, loei dit hemelhoog in geluidgolwe wat die herhaling van jou in my laat wikkel en onduleer.” As voorbeeld hierbo ‘n kykie in wat “liriese skryfkuns” kan wees. Die gonswoord vir hierdie maand se opdrag is dus: Liries. Alle afdelings het dieselfde gonswoord as vertrekpunt met geen verdere reëls […]
Kan tyd vinniger verbygaan?
Kan tyd vinniger verbygaan? As ek so in die gesels hoor hoe mense praat oor die jaar wat so vinnig verbygevlieg het, dink ek aan Hermes, die Griekse god met vlerke aan sy voete. Dit is of die jaar ook vlerke aan sy voete gekry het. Dit is veral ook as jy met ouer geslag […]
Van hanekraai tot briekaandraai (765 woorde)
As daar nou een ding is waaroor niemand van ons beheer het nie, dan is dit tyd. Soms wens ons dit om en soms wens ons dit moet bietjie stadiger gaan of selfs stilstaan. Alles wat ons aanpak en doen word beplan rondom tyd (onbewus beheer deur tyd). Tyd vir dié, tyd vir daai … […]
Woordbloeisels (goud)
Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf want daar is niks wat ons van mekaar kan erf al moes ons as ‘n bystelling oorbegin maar ek sal jou in my mond ewig vasboei want daar is geen keer as woorde ons laat bloei. © 9/2022 Caren Kearley […]
rein
– ek is ‘n kindjie klein in my koppie is daar nog ‘n skoon brein selfs die trauma en klanke van geboorte kleur nie die skoonheid van my onskuld waar sal my eerste sonde dan wees ingebore en in sonde ontvang en nie so rein gebore of lê die waarheid dalk meer oppervlakkig nader aan […]
Oggendvers
Voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n vers vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskyndende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
on(verwags)
– toe jy daar was was daar lewe energie die Lig wat min herken het eers toe die Lig duisternis word toe dit te laat was en net verwyt oorbly het hulle die Lig erken en begin ween – so is ek gebore ‘n kleine dorpeling uit die skoot van eenvoud het Hy my laat […]
Voornag se soel (silwer)
Toe die rooiwarm son oor Pellaberg trek kaleidoskopies mooi die vroegaand-uur met pastel spookasemkleure versier verskroeide hartsplek skemergoud bedek het ek verwonderd op my duin gesit oop-oog oor verfkwasgenade gebid ©️Elize Kruger 17 September 2022
Immeroorvloedige seën
Kyk, die Vader verander verskroeide grond in poele van riet en dorslande in waterforteine juigende skepping vry en my trane keer t’rug na sy geboorteland waar ek buigend bid op ‘n bergpiek ©Z.K