
on(verwags)
–
toe jy daar was
was daar lewe energie
die Lig wat min herken het
eers toe die Lig duisternis word
toe dit te laat was en net verwyt oorbly
het hulle die Lig erken en begin ween
–
so is ek gebore
‘n kleine dorpeling
uit die skoot van eenvoud
het Hy my laat verskyn en gloei
eers later het Sy Lig in my geskyn
later toe dit byna te laat was
–
eers naby dood
deur fisiese nood en pyn
met vreesaanjaende hersenskim
van wat duisternis alles gaan bring
donkerste uur van alle donker swart
het Hy my gehaal in saligheid
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.