Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Voornag se soel (silwer)

Deur Elize Kruger
Datum gepubliseer: 18 September 2022 Aantal woorde: 33 41 Kere gelees 2

Toe die rooiwarm son oor Pellaberg trek
kaleidoskopies mooi die vroegaand-uur
met pastel spookasemkleure versier
verskroeide hartsplek skemergoud bedek

het ek verwonderd op my duin gesit
oop-oog oor verfkwasgenade gebid

©️Elize Kruger
17 September 2022




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    19 September 2022

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2022 Snelheids projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 20
Kommentaar telling: 5

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 222 gaste aanlyn

Bydraes – Argief