Die lewe snel verby
gejaag na wind in warrels van bestaan
gesluk aan stof en sand se skuurpapier
wat wraak in wrywing van die nóú en híér
om voort te snel in kolk van tydsvergaan
tap tyd se tik in druppels sweet en bloed
want lewenswandel wikkel teen ligspoed
Etna Wepener ©️
2 Kommentare
-

Koos Elsum
Dankie die gejaag vd lewe en die dinge wat werklik saak maak (skryf) bring stilte…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2022 Snelheids projek