Jongste aktiwiteit:

rein


ek is ‘n kindjie klein
in my koppie is daar nog ‘n skoon brein
selfs die trauma en klanke van geboorte
kleur nie die skoonheid van my onskuld
waar sal my eerste sonde dan wees
ingebore en in sonde ontvang
en nie so rein gebore
of lê die waarheid
dalk meer oppervlakkig
nader aan die vlees van my ma
nader aan die gees van my aardse pa
wat vanself reeds vals en onseker lewe
van wie ek stimulante ontvang wat sonde
gedrags patrone en afwykings bring

“mag die filters van my ouers
vir my slegs vrede en saligheid bring”

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed