Jongste aktiwiteit:

in ongeloof


die kransduif wyfie
klae en steun om ‘n plek
uit te skrop vir haar nessie
stokkies en takkies gebreek
hoog bokant die grond
weg van die oog
daar lê sy dit
wat haar
kinders
gaan word

die vinkie ouers skreeu
en sketter in wanhoop om hul nes
waar die swart kraai alles kom vreet
vier kleintjies het hul uitgebroei en gevoed
tot die kraaie die nes ontdek en beroof
te vergeefs veg hul die bittere stryd
van staanspoor af te lig bevind
die vere waai in die wind
maar kraaie oorwin
vinkie en sy kind

die man en sy vrou
veg bokant hul vermoë
maar wreed word hul geteister
verkrag en verwoes in bose aanval
duiwelse uiting van pure pre-adamiese
ingebore haat en ondierlikheid
buite alle perke van mensheid
selfs die diereryk staan stil
en kyk na ongekende
bloeddorstigheid

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed