
Bossies berou
Saans, tot skuins voor laat
vind ons die blommesmous
op die hoek van die straat
waar hy sy laaste
bietjies liefde, simpatie,
en bossies berou,
tussen gipsblomme strik
met goiingtou.
Kleurvol verdoesel
in kreukel-kardoes,
konkel ranonkels
n a ï e f
met madeliefies
en magrietjies
en ’n verdwaalde
son(de)blom,
(oor vlietende liefde
en bossies berou)
wat belowend
gerangskik is
vir my en vir jou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.