My hart se tuiste
‘My huis is waar my hart is’
en my hart is by klein voetjies
wat dwarsgespoor oor my
oumalewe lê
sagte armdrukkies wat
meer as woorde sê
en liefdesogies wat
samesynvreugde kaats.
Wat meer wil ‘n ouma dan
vir Kersfees hê
as SO ‘n koester-tuiste?
©Driekie Grobler
(12/2022)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2022- Samesyn projek