‘n tangodroom van Turkye(silwer)
darteldroom my losboswuif
dans-dans my woordelyf
my voete tango-jango in Turkye
in ligbelampde tye
soos ‘n noot die pad beduie
en akkoorde my laat kantel
hou ek ophou wandel,
want my hart is ‘n draaikolk
my hart is ‘n skemerskelk
verlief op ‘n, verlief op ‘n…
nes ‘n blom kan hy verwelk
psigedelies kwinkeleer-
in ‘n tangodroom van Turkye
©Morné du Preez
2 Kommentare
-

Seirdna
Beautiful Morne
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek